Vallei van die Konings

Vallei van die Konings
Die ligging van die Vallei van die Konings in die Thebaanse Heuwels wes van die Nyl (Oktober 1988).
Die ligging van die Vallei van die Konings in die Thebaanse Heuwels wes van die Nyl (Oktober 1988).
Koördinate 25°44′27″N 32°36′8″O / 25.74083°N 32.60222°O / 25.74083; 32.60222
Plaaslike naam  Wādī al Mulūk, وادي الملوك
Land Vlag van Egipte Egipte
Soort Dodeakker
Geskiedenis
Gestig 16de eeu v.C.
Tydperk 18de tot 20ste Dinastie
Unesco-wêrelderfenisgebied
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, vi
Verwysing 87
Streek† Arabiese State
Beskrywing* Antieke Thebe met sy nekropolis
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Die Vallei van die Konings (Arabies: وادي الملوك, Wādī al Mulūk) is ’n vallei in Egipte waar grafkelders in die 16de tot 11de eeu v.C. byna 500 jaar lank gebou is vir farao's en ander adellikes van die Nuwe Ryk (die 18de tot 20ste Dinastie van Antieke Egipte).[1][2] Die vallei is aan die westeroewer van die Nylrivier geleë, oorkant Thebe (die moderne Luxor), in die hart van die Thebaanse Dodeakker.[3] Die wadi bestaan uit twee valleie, die Oostelike Vallei (waar die meeste koninklike grafkelders is) en die Westelike Vallei.

Sedert die ontdekking in 2005 van ’n nuwe grafkelder (KV63) en in 2008 van nog twee grafkelderingange,[4] huisves die vallei 65 bekende grafkelders wat in grootte wissel van KV54, ’n eenvoudige put, tot KV5, ’n komplekse kelder met meer as 120 grafkamers.[5] Die koninklike grafkelders is versier met tonele uit die Egiptiese mitologie en gee aanduidings van die geloof en begrafnisrituele van die tydperk. Dit lyk of al die kelders in antieke tye al geopen en beroof is, maar dit gee steeds ’n blik op die weelde en mag van die farao's.

Groot argeologiese en Egiptologiese uitgrawings vind sedert die einde van die 18de eeu hier plaas en dit is ’n bron van voortdurende belangstelling en navorsing. In die moderne tyd het die vallei beroemd geraak met die ontdekking van Toetankamen se grafkelder met sy gerugte van die vloek van die farao's.[6] Dit is een van die bekendste argeologiese terreine in die wêreld en in 1979 het dit ’n Unesco-wêrelderfenisterrein geword saam met die res van die Thebaanse dodeakker.[7]

Uitgrawings en die bewaring van artefakte duur voort en ’n nuwe toeristesentrum is onlangs geopen.

  1. Maspero (1913), p.182
  2. "Theban Mapping Project". Theban Mapping Project. Besoek op 4 Desember 2006.
  3. Siliotti (1997), p.13
  4. Zahi Hawass. "Spotlight Interview: 2008" (in Engels). The Plateau: Amptelike webtuiste van dr. Zahi Hawass. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2019. Besoek op 15 Augustus 2008.
  5. "Valley of the Kings". Theban Mapping Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2008. Besoek op 9 Augustus 2008.
  6. "Egypt's "King Tut Curse" Caused by Tomb Toxins?" (in Engels). National Geographic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2017. Besoek op 8 Desember 2006.
  7. "Ancient Thebes and its necropolis". UNESCO Work Heritage Sites. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Junie 2020. Besoek op 4 Desember 2006.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search